top of page

Academics

BELEID TEN OPSIGTE VAN 
HANDBOEKE, HANDLEIDINGS EN SKRIFTE

  1. Handboeke, handleidings en leesboeke word aan die begin van die jaar aan leerders uitgedeel.

  2. Handboeke en handleidings moet vir die HELE JAAR oorgetrek wees met stewige plastiek of ‘n plastiekomslag en versterk word met karton.

  3. Die boeke bly die eiendom van die skool.

  4. eskryf word nie.  Onder GEEN omstandighede mag daar in ‘n handboek, handleiding of leesboek g

  5. Handboeke, handleidings en leesboeke moet aan die einde van die jaar weer ingehandig word.

  6. Volgens die Skolewet 84 van 1996, bly die ouers verantwoordelik vir enige skade deur ‘n leerling aangerig.  ‘n Bedrag van R200.00 is betaalbaar by Me R Müller, indien ‘n boek verniel is (bladsye geskeur, bekrap) of indien ‘n boek verlore raak.  Geen kind sal eindeksamen skryf as boek nie betaal of ingehandig word voor of met die dag van eksamen nie.

  7. Leerders wat verhuis  sonder dat alle handboeke, handleidings en leesboeke ingehandig is, se leerderprofiellêers sal teruggehou word.  Die leerderprofiel sal slegs aangestuur word sodra alle boeke terugontvang is.

SKRIFTE

  1. Leerders koop eie skrifte en voorblaaie word voorsien.

  2. Vernielde of geskeurde plastiekomslae moet vervang word.

  3. Indien skrifte vol of verlore raak, is dit die leerder se verantwoordelikheid om nuwe skrifte aan te koop.

  4. Alle werk wat reeds afgehandel is, moet binne ‘n week ingehaal word, hetsy skriftelik of deur fotostate te maak.

INTERMEDIÊRE EN SENIOR FASE
WERKSBELEID

  1. Voorblaaie word deur die onderwyser/es gegee.  Die leerder se naam, van en graad word NETJIES op die voorblad geskryf.

  2. Skrifte moet elk met ‘n dik plastiekomslag oorgetrek word.

  3. Die datum en opskrif word bo-aan die dag se werk in LOPENDE SKRIF geskryf.  GEEN DRUKSKRIF! (Wis. Bv. 2016-01-24). 

  4. Datums en opskrifte word met ‘n enkellyn onderstreep (met ‘n liniaal)

  5. Direk onder die datum (aan die linkerkant teen die rooilyn) en opskrif word ‘n reël oopgelos.

  6. Sketse word met ‘n skerp potlood en liniaal gedoen.  Alle sketse moet van ‘n opskrif voorsien word.

  7. Daar word slegs met ‘n BLOU PEN in die skrifte geskryf (“Bic fine point” is die beste keuse.)

  8. Ouers mag nie skriftelike werk nasien of enige kommentaar in die leerders se boek skryf nie!  Stuur ‘n aparte brief of kontak die personeellid persoonlik.

  9. ‘n Werkstuk word afgesluit met ‘n lyn.

  10. Ouers MAG NIE opdragte/huiswerk vir die leerder voltooi nie.  Raad en ondersteuning is toelaatbaar.

  11. Formele assesseringsopdragte word in die klas voltooi.

  12. Informele assesseringsopdragte kan in die klas voltooi word of kan ook as huiswerk gegee word.

  13. Daar word tussen twee tipes assessering onderskei nl.                                            Informele assesserings en Formele assesserings

  14. ‘n Inhoudsopgawe word ingeplak waarop aangedui word watter assesserings-opdragte voltooi is en die leerder se prestasie en vlak van bemeestering per kwartaal word daarop aangedui.

  15. NETHEID EN DEEGLIKHEID is deurgaans  noodsaaklik by die voltooiing van ‘n aktiwiteit. 

  16. Nasorg word volledig met ‘n potlood gedoen aan die einde van ‘n werkstuk.  KORREKTE, VOLLEDIGE NASORG BLY DIE LEERDER SE VERANTWOORDELIKHEID.

  17. Indien ‘n leerder afwesig was, bly dit sy verantwoordelikheid om agterstallige werk self in te haal.

  18. Assesseringsopdragte moet deur ‘n leerder gedoen word binne een week na sy/haar terugkoms by die skool.

INDIEN ‘N LEERDER AFWESIG IS TYDENS ‘N KWARTAALTOETS OF EKSAMEN MOET ‘N DOKTERSBRIEF OF GELDIGE SKRIFTELIKE MOTIVERING BY DIE KLASONDERWYSER/ES INGEHANDIG WORD.  DIE BETROKKE ONDERWYSER SAL ‘N ALTERNATIEWE DATUM MET DIE LEERDER REëL

HUISWERK

HUISWERK MOET GETROU VOLTOOI WORD.
HUISWERK VORM ‘N BAIE BELANGRIKE KOMPONENT VAN DEURLOPENDE ASSESSERING OFTEWEL “SGA”

  • Die huiswerkboekie moet DAAGLIKS deur die ouers geteken word.

  • Die onderwyser/es kommunikeer deur die huiswerkboekie met die ouers.

  • Boodskappe word ook deur die ouers in die huiswerkboekie geskryf, 

  • bv. sieknotas, toestemming om skoolterrein vroeër te verlaat, ens.

  • In Afrikaans, Engels en Wiskunde word daar daagliks huiswerk gegee hetsy skriftelik, mondelings of leeswerk.

  • In die ander vakke word huiswerk gegee volgens die oordeel van die onderwyser/es.

AKADEMIE

Graad 4 – 6

Daar word 6 vakke aangebied:

  1. Afrikaans:  Huistaal Language

  2. English:  First Additional 

  3. Wiskunde

  4. Natuurwetenskappe (+ Tegnologie)

  5. Sosiale Wetenskappe (Aardrykskunde en Geskiedenis)

  6. Lewensvaardigheid (Liggaamlike Opvoeding, Persoonlike en sosiale welstand en Skeppende Kuns)

Graad 7:

Daar word 9 vakke aangebied, nl.    
   1)  Afrikaans:  Huistaal  
   2)  English:  First Additional Language Language
   3)  Wiskunde                
   4)  Natuurwetenskappe 
   5) Sosiale Wetenskappe (Aardrykskunde en Geskiedenis)
   6)  Ekonomiese en Bestuurswetenskappe  
   7)  Lewensoriëntering                    
   8)  Skeppende Kuns 
   9)  Tegnologie

 

Assessering

Punte verhouding van Skoolgebaseerde assessering (SGA) en eksamen per kwartaal
 

Graad 4 - 25% Toets/Eksamen + 75% SGA

Graad 5 - 25% Toets/Eksamen + 75% SGA

Graad 6 - 25% Toets/Eksamen + 75% SGA

Graad 7 - 60% Toets/Eksamen + 40% SGA

“SGA” is uiters belangrik en moet getrou voltooi en ingelewer word.
Die “SGA” vir alle vakke vorm ‘n belangrike komponent van die FINALE PROMOSIEPUNT. 

 

Rapporte
Leerders ontvang 4 rapporte per jaar.
Eerste 3 in die eerste week van die volgende kwartaal.
Vierde rapport aan die einde van die skooljaar. 

Verlaat van skoolterrein gedurende skooltyd

Indien leerlinge vroeër as die amptelike skooltye afgehaal word by die skool, MOET ‘n amptelike toestemmingsbrief voltooi en onderteken word deur die onderwysers wie se klasse gemis gaan word.  (sien voorbeeld van toestemmingsbrief onderaan)
 

Leerlinge wat nie die verpligte akademiese tyd by die skool is nie, sal afwesig gemerk word. 

DEMERIETES: (Kwartaal 1 en 2 – ongeag die tipe demeriete)

 

Demerietes (60 en meer) vir Graad 6’e
Indien die leerder 60 of meer demerietes het, sal hy/sy glad nie in aanmerking kom vir leierskap of veldskool nie.

 

Demerietes (60 en meer) vir Graad 7’e
•    Verbeur die voorreg om op die Graad 7-afskeid/leierafsluiting te gaan.
•    Verbeur die geleentheid om aan kultuuraangeleenthede deel te neem bv.  sal nie toegelaat word om lid van die Landsdiens te wees nie of om aan uitstappies deel te neem nie. 

 

bottom of page