top of page

SKOOL BELEIDE

Beleid ten opsigte van

Handboeke, Handleidings en Skrifte
 

  1. Handboeke, handleidings en leesboeke word aan die begin van die jaar aan leerders uitgedeel.

  2. Handboeke en handleidings moet vir die hele jaar oorgetrek wees met stewige plastiek of ‘n plastiekomslag.

  3. Die boeke bly die eiendom van die skool.

  4. Onder GEEN omstandighede mag daar in ‘n handboek, handleiding of leesboek geskryf word nie. 

  5. Handboeke, handleidings en leesboeke moet aan die einde van die jaar weer ingehandig word.

  6. Volgens die Skolewet 84 van 1996, bly die ouers verantwoordelik vir enige skade deur ‘n leerling aangerig.  ‘n Bedrag van R150.00 is betaalbaar by Me D Augustyn, indien ‘n boek verniel is (bladsye geskeur, bekrap) of indien ‘n boek verlore raak.  Geen kind sal eindeksamen skryf as boek nie betaal of ingehandig word voor of met die dag van eksamen nie.

  7. Leerders wat verhuis  sonder dat alle handboeke, handleidings en leesboeke ingehandig is, se leerderprofiellêers sal teruggehou word.  Die leerderprofiel sal slegs aangestuur word sodra alle boeke terugontvang is.

 

SKRIFTE

 

1.  Leerders koop eie skrifte en voorblaaie word voorsien.

2.  Vernielde of geskeurde plastiekomslae moet vervang word.

3.  Indien skrifte vol of verlore raak, is dit die leerder se verantwoordelikheid om nuwe skrifte aan te              koop.

4.  Alle werk wat reeds afgehandel is, moet binne ‘n week ingehaal word, hetsy skriftelik of deur fotostate      te maak.

  

INTERMEDIÊRE EN SENIORFASE

WERKSBELEID

 

  1. Voorblaaie word deur die onderwyser/es gegee.  Die leerder se naam, van en graad word NETJIES op die voorblad geskryf.

  2. Skrifte moet elk met ‘n dik plastiekomslag oorgetrek word.

  3. Die datum en opskrif word bo-aan die dag se werk in LOPENDE SKRIF geskryf.  GEEN DRUKSKRIF! (Wis. Bv. 2016-01-24).

  4. Datums en opskrifte word met ‘n enkellyn onderstreep (met ‘n liniaal)

  5. Direk onder die datum (aan die linkerkant teen die rooilyn) en opskrif word ‘n reël oopgelos.

  6. Sketse word met ‘n skerp potlood en liniaal gedoen.  Alle sketse moet van ‘n opskrif voorsien word.

  7. Daar word slegs met ‘n BLOU PEN in die skrifte geskryf (“Bic fine point”) is die beste keuse.

  8. Ouers mag nie skriftelike werk nasien of enige kommentaar in die leerders se boek skryf nie!  Stuur ‘n aparte brief of kontak die personeellid persoonlik.

  9. ‘n Werkstuk word afgesluit met ‘n lyn.

  10. Ouers MAG NIE opdragte/huiswerk vir die leerder voltooi nie.  Raad en ondersteuning is toelaatbaar.

  11. Formele assesseringsopdragte word in die klas voltooi.

  12. Informele assesseringsopdragte kan in die klas voltooi word of kan ook as huiswerk gegee word.

  13. Daar word tussen twee tipes assessering onderskei nl.

 

Formele assessering:            Opdragte word deur die onderwyser gemerk volgens ‘n memorandum, ‘n  rubriek of ‘n tabel waarin die puntetoekenning van spesifieke aspekte uiteengesit word.

 

Informele assessering:         By informele assessering word die werk van ‘n memorandum af gemerk deur die leerder met ‘n potlood en die korrekte antwoorde ingeskryf. (grys HB) Rubrieke, “Ja”, “nee”, “soms” vragies / gesiggies kan ook gebruik word.  Opdragte wat deur enige van bogenoemde vorme van assessering gemerk word, vorm nie deel van die formele assesseringstake nie.  Die opdragte word slegs deur die onderwyser/es gekontroleer.

 

‘n Inhoudsopgawe word ingeplak waarop aangedui word watter assesserings-opdragte voltooi is en die leerder se prestasie en vlak van bemeestering per kwartaal word daarop aangedui.

 

 

NETHEID EN DEEGLIKHEID is deurgaans  noodsaaklik by die voltooiing van ‘n aktiwiteit.

 

Nasorg word volledig met ‘n potlood gedoen aan die einde van ‘n werkstuk.  KORREKTE,

 

VOLLEDIGE NASORG BLY DIE LEERDER SE VERANTWOORDELIKHEID.

 

Indien ‘n leerder afwesig was, bly dit sy verantwoordelikheid om agterstallige werk self in te haal.

 

Assesseringsopdragte moet deur ‘n leerder gedoen word binne een week na sy terugkoms by die skool.

 

BELANGRIK:

 

Indien ‘n leerder afwesig is tydens ‘n kwartaaltoets of eksamen moet ‘n

DOKTERSBRIEF of GELDIGE SKRIFTELIKE MOTIVERING

by die klasonderwyser/es ingehandig word.  Die betrokke onderwyser sal ‘n alternatiewe datum met die leerder reël.

 

HUISWERK

HUISWERK MOET GETROU VOLTOOI WORD.

HUISWERK VORM ‘N BAIE BELANGRIKE KOMPONENT VAN DEURLOPENDE ASSESSERING OFTEWEL “SGA”

 

- Die huiswerkboekie moet DAAGLIKS deur die ouers geteken word.

- Die onderwyser/es kommunikeer deur die huiswerkboekie met die ouers.

- Boodskappe word ook deur die ouers in die huiswerkboekie geskryf,

   bv. sieknotas, toestemming om skoolterrein vroeër te verlaat, ens.

- In Afrikaans, Engels en Wiskunde word daar daagliks huiswerk gegee hetsy skriftelik, mondeling      of leeswerk.

- In die ander vakke word huiswerk gegee volgens die oordeel van die onderwyser/es.

 

Intermediêre Fase (Gr 4-6)

 

Baie welkom in die Intermediêrefase (Gr 4 – 6) en Seniorfase (Gr 7).  Mag 2017 vir u as ouers en u kind ‘n jaar van vele hoogtepunte en suksesse wees.
 

  1. AKADEMIE
    Graad 7:                                                                    Graad 4 - 6
    Daar word 9 vakke aangebied, nl.                         Daar word 6 vakke aangebied:

            1)  ~ Afrikaans:  Huistaal                                          1)  ~ Afrikaans:  Huistaal

            2)  ~ English:  First Additional Language                2)  ~ English:  First Additional

         Language

            3)  ~ Wiskunde                                                           3)  ~ Wiskunde

            4)  ~ Natuurwetenskappe                                         4)  ~ Natuurwetenskappe

        (+ Tegnologie)

            5)  ~ Sosiale Wetenskappe                                        5)  ~ Sosiale Wetenskappe

            6)  ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe 6)              ~ Lewensvaardigheid

            7)  ~ Lewensoriëntering                                                     (LO en Skeppende Kuns)

            8)  ~ Skeppende Kuns

            9)  ~ Tegnologie

 

1.2        Assessering

Punte verhouding van Skool gebasseerde assessering (SGA) en eksamen per kwartaal

 

1.3        “SGA” is uiters belangrik en moet getrou voltooi en ingelewer word.

Die “SGA” vir  alle vakke vorm ‘n belangrike komponent van die FINALE PROMOSIEPUNT.

 

1.4        Rapporte

            Leerders ontvang 4 rapporte per jaar.

            Eerste 3 in die eerste week van die volgende kwartaal.

            Vierde rapport aan die einde van die skooljaar.

 

2.         ROOSTERINDELING

‘n Sewe dag siklus word gevolg.  In die leerder se huiswerkboekie is aangedui watter dag se boeke ingepak moet word.

bottom of page