top of page

Academics

Algemen Inligting

 

Onderrig in die Graad RR – Graad 3 is kindsgesentreerd, buigbaar en fokus op die arbeidsmark.  Berei die kind voor vir formele onderrig.  Die kind se potensiaal word ontwikkel (fisiese, emosionele, sosiale, kreatiewe, intellektuele en kognitiewe vaardighede).  Die kind leer deur middel van spel.

 

Die reeds bekende wêreld word uitgebrei en verryk.  Die program vereis betrokkenheid en deelname deur elke individu en moedig groepwerk aan.  Die fokus verskuif na kennis, vaardigheid en die gesindheid van elke leerder.  Godsdienstige aspek vanuit ‘n Christelike perspektief geniet intensiewe aandag en is ‘n groot prioriteit by Laerskool Taalfees.  Leerders word bewus gemaak van die estetiese, bv. Natuur, musiek en skeppende kunste.

Goeie gewoontes word ingeskerp in bv. persoonlike higiëne, toiletroetine, opruim, oppas van besittings en trots vir sy/haar skool en omgewing.  Bied ‘n groot verskeidenheid media waarmee die kind kan eksperimenteer en werk om hom/haar ten volle uit te leef.

Stimuleer taalvaardighede deur middel van stories, rympies, gediggies, prenteboeke, ervarings en gebeurtenisse te verbaliseer.  Betrek alle sintuie (sintuiglike waarnemings) sien, hoor, voel, proe en ruik.  Dramatisering (fantasiehoek, poppespel, nabootsing van aksies).  Bevorder redeneringsvermoë:  sortering, rangskik, getalbegrip, telaktiwiteite, ruimtelike verhoudings, tyd en meting.

Gee aandag aan sosialiseringsmylpale.

Groot spierontwikkeling: buitespelaktiwiteite.

IMG_0894.PNG
IMG_0898.PNG

Wat bied Laerskool Taalfees se Grondslagfase

 

By Laerskool Taalfees bied ons een onvergeetlike ervaring na die ander vir ons kinders en Fasiliteerders.  Vennootskappe, tussen die privaatsektor, ouers en die georganiseerde onderwys, waar die simbiose nie bloot oor die finansiële voordeel gaan nie, maar die klem op onderlinge interafhanklikheid geplaas word, is vir ons van onskatbare waarde.

Die inherente behoefte van die mens om homself en sy vermoëns te meet aan sy portuurgroep, skep die geleentheid vir groei en grootword.  Om seker te maak dat hierdie behoefte spontaan gedy moet jy jouself in ‘n milieu bevind waar die norm persoonlike groei en die vestiging van intrinsieke waardes is.  Die geleentheid wat Laerskool Taalfees bied vir ouers, afrigters en kinders, om hul horisonne te verbreed, nuwe vriendskappe te smee en te woeker met die talente wat ons van ons Hemelse Vader ontvang het, maak dat die lewe sin en betekenis het!

In ons op-weg-wees na uitnemendheid besef ons dat daar ‘n beduidende klemverskuiwing is op die kurrikulêre- sowel as buite- kurrikulêre aktiwiteite waaraan die primêre skool kind blootgestel moet word, asook die premie wat geplaas moet word op die fisiese fasiliteite!  Daar word elke jaar verskillende terreine gewen en verloor. 

Elke Taalfees-Tjokker is ‘n integrale en belangrike lid van die span en verdien om met respek en deernis behandel te word!
Elke Taalfees-Tjokker sal die geleentheid gebied om gehoor en na geluister te word!
Taalfees-Tjokkers is bereid om, as studente van die lewe, by mekaar te leer!
Taalfees-Tjokkers sal nie mede-leerders oordeel nie.
Taalfees-Tjokkers leef in totale verbondenheid met God.

 

IMG_0896.PNG
IMG_0897.PNG

Skoolbywoning

Indien ‘n leerder vroeër as die amptelike skooltye afgehaal word by die skool, MOET ‘n amptelike toestemmingsbrief voltooi en onderteken word deur die voogonderwyser.  (Bewys van afspraak kan versoek word).  Voorafreëlings moet asseblief gemaak word indien moontlik.
Leerders wat nie die verpligte akademiese tyd by die skool is nie sal afwesig gemerk word.
Afwesigheid as gevolg van siektes moet telefonies gerapporteer word.

Leerlinge moet asseblief by die huis gehou word indien :
•    siek is (die kind nie na wense aan die dagprogram sal kan deelneem nie),
•    aansteeklike siektes het,
•    kopluise het (selfs al is daar net neute).

Leerders moet by die huis gehou word totdat hulle ten volle herstel het.
‘n Sieknota kan versoek word.

 

Geen medikasie mag deur die onderwyseres / fasiliteerder toegedien word nie.
 

Huiswerkbeleid

  1. Huiswerk in die Grondslagfase word beskou as een van die belangrikste skakelings met die ouers op ‘n daaglikse basis.

  2. Huiswerk word aan die leerders verskaf om die ouers in te lig wat daagliks in die klaskamer behandel is.

  3. Huiswerk word op ‘n daaglikse of weeklikse basis voorsien.

  4. Huiswerk beteken dit is die opdragte wat aan die leerders verskaf word om daagliks tuis te gaan doen.  Die onderwyser volg net op of die tuiswerk wel gedoen is en is nie verantwoordelik om dit te merk nie, al word dit by naskoolsentrums gedoen, moet ouers dit kontroleer.

  5. Huiswerk beteken dit is ‘n opdrag om tuis te doen en moet deur die ouers gekontroleer word.

  6. Tydsduur is van kardinale belang.

  7. Gaan elke dag u kind se merietes / demerietes na in die klein huiswerkboek.

  8. Parafeer elke dag by u kind se huiswerk.

Huiswerk word as volg in die verskillende graadgroepe aangebied:

GRAAD 1:

Weeklikse basis :  klanke, leesles en wiskunde oefeninge word op ‘n getikte vel papier aan die ouers verskaf.
Die datums en dae van die week verskyn vanaf Maandag tot Vrydag met elke dag se aktiwiteit.
Ouers kan elke dag die lees, klank- en tema woorde monitor en sigwoorde inoefen.
Alle skriftelike werk, ekstra oefeninge word in die huiswerkboek gedoen.
Dit is van kardinale belang dat sigwoorde (tema en spel) daagliks geoefen word.
Ouers kan die leerder se vordering monitor en as die leerder nie na wense vorder met die onderwyser in aanraking kom.
Die huiswerk word daagliks deur die onderwyser nagegaan of dit wel gedoen is en word nie gemerk nie.
Onderwysers sal ook in die huiswerkboek met die ouers kontak maak vir ekstra werk of inligting vir remediërende onderrig.
Huiswerk moet nie daagliks die tydsduur van ± 20 minute oorskry nie.
Trek asseblief die huiswerkboek netjies oor met u kind se naam en van daarop

GRAAD 2:

Trek asseblief die huiswerkboek netjies oor met u kind se naam en van.
Weeklikse / daaglikse basis – afgerol.
Elke dag se huiswerk het datums, asook dae van die week.
Leerders kry huiswerk van al die werk wat die betrokke dag in die klas behandel is.
Die huiswerk sluit alle klanke, lees en wiskunde in.
Huiswerk word in die betrokke boek gedoen behalwe as ‘n opdragkaart verskaf word.
Ouers teken daagliks by die huiswerk.
Tuiswerk word slegs deur die onderwyser gekontroleer of dit wel gedoen is.
Die inhoud van die huiswerk is die verantwoordelikheid van die ouer vir korrektheid, al word dit by die naskool gedoen.
As enige probleem voorkom is die ouer welkom om met die onderwyser te skakel, hetsy in die huiswerkboek of telefonies, sodat die nodige werk weer aan die leerder verduidelik kan word of herhaal word.
Daaglikse tydsduur moet nie die tydperk van ± 30 minute oorskry vir skriftelike werk nie.  Lees so veel as moontlik.
Onderwyser sal met die ouers in aanraking kom as daar enige remediërende onderrig moet plaasvind.
Daar word 1 keer per kwartaal ‘n kunsprojek gegee.  Let asseblief daarop dat dit vir ‘n assesseringspunt by lewensvaardigheid sal tel.
(Alle hulpmiddels / benodighede moet by die klas op die gegewe datums wees.)
Alle mondelinge praatjies moet deeglik voorberei word, want dit tel as mondelinge assesseringspunt.  Hierdie mondelingse punt maak ‘n groot deel van die rapportpunt uit.

GRAAD 3:

Weeklikse / daaglikse basis – afgerol.  Leerders ontvang huiswerk soos uitgewerk deur onderwyseres.
Leerders in graad 3 word aan die belangrikheid van selfstandige afskryf van huiswerk bekend gestel vanaf die 4de kwartaal.  Leer hulle selfstandigheid en akkuraatheid.
Leerders ontvang daagliks huiswerk wat spel, lees, wiskunde, lopende skrif, addisionele taal asook sekere naslaan aktiwiteite insluit.
Huiswerk word wel deur die onderwyser gekontroleer of dit wel gedoen is, maar nie gemerk nie.  (Plig van ouers tuis).
Huiswerk moet deur die ouer daagliks gekontroleer en daarby geteken word.
Alle korrespondensie waar daar probleme is of enige werk wat nie verstaan is of probleme word in die huiswerkboek deur die ouer aangeteken.  Die onderwyser sal die nodige hulp verleen en opvolg.
Indien enige remediërende onderrig moet plaasvind, sal die onderwyser die nodige kontak met die ouers maak en reëlings tref en briewe uitdeel.
Alle projekte vir assesserings doeleindes wat verskaf word, moet skriftelik wees, met al die nodige inligting soos inhandigingsdatum, nodige inligting van die projek, asook die puntetelling van die taak.  Die take moet 2 weke vooraf verskaf word.
Tydsduur van daaglikse tuiswerk is ± 45 minute.  Lees so veel as moontlik.
Alle mondelinge praatjies moet deeglik voorberei word, want dit tel as mondelinge assesseringspunt.
Leerders ontvang van tyd tot tyd ook lees voorbereiding vir assesseringspunt by lees.
Daar word 1 keer per kwartaal ‘n kunsprojek gegee. Let asseblief daarop dat dit vir ‘n assesseringspunt by lewensvaardigheid sal tel.  (Alle hulpmiddels / benodighede moet by die klas op die gegewe datum wees.)

bottom of page